Meer Oor Ons
JVZ Konsult is nie net ‘n verskaffer van boekhou dienste nie, maar bemagtig ook entrepreneurs om beter korttermyn besluite te neem deur gebruik te maak van moderne tegnologie.
Volgens Jan van Zyl is een van die belangrikste kenmerke van ‘n suksesvolle besigheid dat:
”Entrepreneurs dikwels op onbekende terreine moet beweeg. Dit kan nie gebeur indien hul aanhou om te doen wat hul nog altyd voorheen gedoen het nie. Indien entrepreneurs ou boekhoustelsels en verouderde tegnologie gebruik, sal hul vinnig agter raak met die moderne tyd waarin ons lewe. Om entrepreneurs te oortuig om iets reg te stel wat nie stukkend is nie, is ‘n kuns op sy eie. Maar deur nie in moderne tegnologie te belê nie, kan entrepreneurs se besigheid skade doen.”
Jan is die visionêre leier van JVZ Konsult en is ‘n gekwalifiseerde professionele rekenmeester en belastingpraktisyn met meer as ‘n dekade se ervaring in die praktyk. Jan het die graad B Com Finansiële Rekeningkunde (Hons) in 2008 aan die Noordwes-Universiteit (NWU) verwerf.
In 2020 verwerf hy ook sy meestersgraad in belasting. Hy is ook ‘n geregistreerde lid van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Professionele Rekenmeesters. Hy het sy klerkskap by PwC voltooi in 2013 en sedertdien baie korporatiewe ondernemings, individue en trusts bygestaan met belastingbeplanning en -strukturering. Benewens sy nagraadse kwalifikasie in belasting, het Jan ook professioneel rugby gespeel tydens sy voorgraadse studies op universiteit.