pakkette

Ons ‘Boekhouer’ Pakette is noukeurig saamgestel om te voldoen aan u behoeftes!

TELEFOONONDERSTEUNING VIR BELASTING NAVRAE IS GRATIS EN VORM DEEL VAN ELKE PAKKET.

Brons

  • Maandelikse Boekhouding
  • Belasting
  • Sekretarieel
  • Finansiële State
  • Salarisse

Vir klein besighede wat hul finansiële afdeling wil versorg.

Silwer
GEWILD

  • Maandelikse Boekhouding
  • Belasting
  • Sekretarieel
  • Finansiële State
  • Salarisse
  • Maandelikse wins en verlies verslag
  • Maandelikse besigheid waardasie

Vir besighede wat ook hul prestasie en groei wil monitor.

Goud

  • Maandelikse Boekhouding
  • Belasting
  • Sekretarieel
  • Finansiële State
  • Salarisse
  • Maandelikse wins en verlies verslag
  • Maandelikse besigheid waardasie
  • Maandelikse vooruitskatting
  • Maandelikse kontantvloei ontleding

Vir vinnig groeiende besighede wat die vaardighede van `n finansiële bestuurder benodig.

Nie heeltemal wat u wil hê nie? Hierdie pakette is ‘n vertrekpunt. Ons kan ‘n pakket kies en meng sodat dit vir u werk.

Waaruit Bestaan Ons Pakkette?

Maandelikse boekhouding

Volledige, ‘cloud’ gebaseerde boekhouding, wat u help om alles dop te hou wat in u besigheid gebeur. Dit sluit in verwerking van maandelikse banktransaksies, krediteure fakture en saamstel van BTW syfers [indien ugeregistreer is vir BTW].

Maandelikse wins en verlies verslag

Neem beter korttermyn- en daaglikse besluite met ‘up-to-date’ finansiële en statistiese verslae wat
aan u gestuur word. Ons bou hierdie verslag soos u daarvan hou sodat u kan verstaan of u besigheid
geld maak. Het u al ooit gewonder waar is u besigheid se gelykbreekpunt?

Maandelikse vooruitskatting

Evaluasie van huidige en toekomstige finansiële toestande om realistiese begrote syfers aan u deur te gee. Maandelikse vooruitskattings kan u gemoedsrus bied ten opsigte van wat u kan bekostig, hoe om u skuld te kan verlaag en nie op beleggingsgeleenthede uit te mis nie.

Maandelikse kontantvloei ontleding

Kontantvloei is die lewensaar van u besigheid. Hoe beter u beplanning is, hoe beter is u vermoë om
op die begroting te bly en te verseker dat u besigheid altyd genoeg kontant het.

Maandelikse besigheid waardasie

Ken die waarde van u besigheid op ‘n gereelde basis om aandeelpryse te bepaal of bied waardasies professioneel aan potensiële vennote en ander beleggers.

Finansiële state

Jaarlikse finansiële state wat u inkomstestaat, balansstaat, staat van ekwiteit en kontantvloeistaat vir die jaar reflekteer. Ons rekenmeesters is geregistreer by SAIPA en is gekwalifiseer om finansiële jaarstate af te teken.

Salarisse

  • Maandelikse betaalstrokies word per e-pos aan u gestuur
  • EMP201 (LBS | WVF | SDL) opgawes word maandeliks by SARS ingedien
  • Verlof rekords maandeliks opgedateer uit u rekords
  • UI19-vorms word maandeliks ingevul en aan die Departement van Arbeid ingedien
  • EMP501 salaris rekonsiliasie uitgevoer en twee keer per jaar by SARS ingedien
  • IRP5-sertifikate word voorberei en per e-pos gestuur vir alle werknemers teen die einde van die jaar

Belasting

  • 1 x jaarlikse inkomstebelasting opgawe
  • 2 x halfjaarlikse voorlopige belasting opgawe

Sekretarieel

  • Indiening van jaarlikse CIPC opgawe
  • Indiening van jaarlikse Ongevallekommissaris opgawe
  • B-BBEE verklaring