Benodig u besigheid ʼn digitale boekhouer?

Ons buigsame pakkette help u om teen ‘n fraksie van die koste van ‘n tradisionele voltydse boekhouer aan u besigheid se behoeftes te voldoen.

MODERNE BOEKHOU DIENSTE IN DIE “CLOUD”

Nuwe Moontlikhede

Is dit nie waar dat ons dikwels verblind word deur ons gewoontes, tradisies en ervaringe uit die verlede om nuwe moontlikhede te benader nie?

Die finansiële integriteit van u besigheid berus op die bevoegdheid van u finansiële beampte. Nie alle besighede is egter in die posisie om ‘n voltydse boekhouer in diens te neem nie.

Indien Dit U Is…

  • U weet nie of u boeke op datum is nie
  • U benodig nie ‘n voltydse boekhouer nie
  • U besigheid se finansies is aan u rekenaar vasgeketting

Dan is dit tyd om u in die Wolke te kry. Dit is die 21ste eeu!

Op die ‘Cloud’ is waar u besigheid se boeke gedoen moet word.

Kontak ons vir `n gratis kwotasie

Wie is ons?

JVZ Konsult is ‘n dinamiese span professionele rekenmeesters wat boekhou dienste aan ‘n wye
verskeidenheid besighede landwyd lewer.

Ons gebruik moderne innoverende tegnologie en transformeer tradisionele boekhouding tot meer
informatiewe historiese inligting.

In die huidige veranderende sakewêreld moet elke besigheidseienaar dinamies wees en in staat
wees om aan te pas by die veranderinge in markte en op ‘n manier waarop alledaagse sake gedoen word.

Wat is die cloud?

Die ‘Cloud’ verwys na sagteware en dienste wat op die internet beskikbaar is, in plaas van plaaslik op u rekenaar. Die meeste ‘cloud’ dienste is verkrygbaar via `n webblaaier soos Firefox of Google Chrome.

Werk intyds saam met u boekhouer!

Voordele van op die ‘Cloud’ werk:

01.

U het toegang tot u inligting op enige tydstip vanaf enige toestel met ‘n internet-
verbinding.

02.

Dit is nie meer nodig om u data op ‘n ‘stokkie’ of op u rekenaar te stoor nie.

03.

Dit is veilig! Inligting word in die ‘Cloud’ gestoor, dus geen vertraging in die geval van diefstal of
brand nie.

04.

Slegs een grootboek word in die ‘Cloud’ gehou, wat die akkuraatheid van die inligting verbeter en
foute beperk.

05.

Lae onderhoud. Alles word deur die ‘Cloud’ diensverskaffer bestuur. Opdaterings is gratis en word outomaties geïmplementeer.

06.

Toegang vir meer gebruikers wat aanlyn samewerking met u span vergemaklik.

Gereelde Vrae:

Teen ‘n vaste maandelikse fooi sal u ons as u toegewyde boekhouer hê. Ons werk op die ‘Cloud’ en
struktureer die ooreenkoms dat dit by elke kliënt se individuele behoeftes pas, maar die doel is altyd dieselfde – om u van soveel as moontlik van die boekhoufunksie te verlos.

Boekhouding verwys na die daaglikse proses om uitgawes en inkomstes op te skryf. Om u boeke self op te skryf kan ure van u tyd in beslag neem (wat beter aan hoër prioriteite bestee kan word). Boekhouding kan ook veral vervelig wees en ʼn klein foutjie kan lei tot ʼn belasting dilemma.

U boeke moet maandeliks hersien word en besighede wat kontantvloei bestuur, moet hul boeke nog meer gereeld hersien.

Gooi die skoendoos weg! Daar is heelwat gratis toepassings op die ‘Cloud’ beskikbaar wat
alles kan skandeer en stoor. Geen stoor van lêers en druk van bankstate is meer nodig nie .